BELANGRIK
Wanneer u besluit om die boot te gebruik, moet die versender radio se skakelaar eerste aangeskakel word en daarna
word die Boot skakelaar aangeskakel.
Nadat die boot gebruik is, skakel eers die Boot skakelaar af en dan die versender radio se skakelaar.
HOE OM DIE BOOT TEWEEG TE BRING IN DIE WATER
Nadat altwee skakelaars aangeskakel is:
Stoot die linker kolf heeltemal vorentoe – die boot sal vorentoe seil (Altwee aasbakkies is in plek).
Wanneer u die eerste aasbakkie wil laat val, moet u die linker kolf heeltemal terug stoot en hou die kolf daar.
Deur dit te doen, sal een van die boot se aasbakkies val en nogsteeds vorentoe seil.
Wanneer u besluit om die tweede aasbakkie te laat val, stoot die kolf weer heeltemal vorentoe. Deur dit te doen
sal die tweede aasbakkie val en die boot sal nogsteeds vorentoe seil.
N.B. Ter enige tyd wanneer die linker kolf gesentreer word, sal die boot stop.
Die regterkantste kolf is om die roer agter die skroef te beheer, sodat die boot proporsioneel beweeg.
KONTROLE LYS
Wanneer u die boot gebruik:
Maak seker dat die penlig batterye gelaai / nuut is.
Maak seker dat die 12 Volt battery gelaai is.
Maak seker dat die koppeling stewig vas is (maaierskroewe)
Maak seker die skroef is heel.
Maak seker u het ;n spaar skroef.
Maak seker dat u „n 2mm Allen sleutel en „n 7mm skroefsleutel byderhand het.
Maak seker dat u ekstra penlig batterye het.
Maak seker dat altwee skakelaars af is: op die versenderradio en Boot ontvanger battery pak.
Maak seker dat die roer sentraal en gelyk met die boot is wanneer die skakelaars in die “AAN” posisie is.
Nadat die boot gebruik is:
Verwyder die deksel van die boot en los die boot in die son, sodat enige water druppels wat binne in die boot mag
wees. kan verdamp.
Verwyder al 8/12 penlig batterye.
Laai die 12 Volt battery en hou dit ontkoppel.
Spuit enige water-afwerende sproei aan die antenne en bedek die klampies.
Smeer olie aan die skag.
Maak seker dat die koppeling stewig vas is.
Maak seker dat die skroef heel is.
SPAAR PARTE LYS (Indien enige diens en verstellings benodig word, neem asseblief u boot na die winkel waar u dit
aangekoop het, of enige gemagdigde verkoopsagent. Enige ouer weergawes van D.M. Craft bote, kan gediens en
opgegradeer word. Neem asseblief u boot na die winkel waar u dit aangekoop het, of enige gemagdigde verkoopsagent).
Let wel: Alle verstellings neem tussen 1 – 2 weke.
Eksklusief vervaardig deur D.M. Craft:
o Skroef - 73 mm diameter - hoe dienslewering
o Skroef - 68 mm diameter - lae toon, ekonomies. Verhoog aantal gebruike van boot.
Vermindering van spoed van +- 15 %. 30 % verhoging in battery
lewe.