Nokia 1 Plus Gebruikergids
helderheid te verstel, sleep die
helderheidsvlak-skuifbalk. Maak seker dat
Aanpasbare helderheid gedeaktiveer is.
6. Keer dat toepassings in die agtergrond
loop: Druk en maak die toepassings toe
wat jy nie nodig het nie.
7. Aktiveer Batterybestuurder: tik Instellings
> Battery > Batterybestuurder >
Bestuur toepassings outomaties . Die
kennisgewings van sommige toeps mag
dalk vertraag wees.
8. Skakel die kragbespaarder aan: tik op
Instellings > Battery > Batteryspaarder ,
en skakel dit Aan .
9. Gebruik liggingsdienste net as dit nodig
is: Skakel liggingsdienste af wanneer jy
dit nie nodig het nie. Tik op Instellings >
Sekuriteit en Ligging > Ligging , en wissel
na Af .
10. Gebruik netwerkverbindings net as dit
nodig is: skakel Bluetooth slegs aan as dit
nodig is. Gebruik ´n Wi-Fi-verbinding om
aan die internet te koppel, in plaas van ´n
mobieledata-verbinding. Keer dat jou foon
vir beskikbare koordlose netwerke soek.
Tik op Instellings > Netwerk en Internet
> Wi-Fi , en wissel na Af . As jy musiek
luister of jou foon andersins gebruik,
maar jy wil nie oproepe maak of ontvang
nie, skakel die vliegtuigmodus aan. Tik
op Instellings > Network en Internet
> Gevorderd > Vliegtuigmodus .
Vliegtuigmodus maak verbindings met die
mobiele netwerk toe en skakel jou toestel
se koordlose funksies af.
BESPAAR DATASWERWINGSKOSTE
Jy kan dataswerwingskoste verminder en op jou foonrekening bespaar deur die mobieledata-
instellings te verander. Om ’n optimale verbindingsmetode te gebruik, verander die Wi-Fi- en
mobielenetwerk-instellings.
Dataswerwing beteken dat jy jou foon gebruik om data te ontvang oor netwerke wat jou
netwerkdiensverskaffer nie besit of bedryf nie. As jy aan die internet verbind terwyl jy swerf,
veral in die buiteland, kan die datakoste aansienlik styg.
Om ’n Wi-Fi-verbinding te gebruik, is gewoonlik vinniger en goedkoper as om ’n mobieledata-
verbinding te gebruik. As beide Wi-Fi- en mobieledata-verbindings beskikbaar is, gebruik jou
foon die Wi-Fi-verbinding.
Verbind aan ’n Wi-Fi-netwerk
1. Tik op Instellings > Netwerk en Internet > Wi-Fi .
2. Maak seker Wi-Fi-netwerking aangeskakel is.
3. Kies die verbinding wat jy wil gebruik.
Maak die mobieledata-verbinding toe
Vee af vanaf die bokant van die skerm, tik Mobiele data en skakel Mobiele data af.
© 2019 HMD Global Oy. Alle regte voorbehou. 17