Nokia 2.3 Gebruikergids
Om data of boodskappe te stuur, word ’n goeie netwerkverbinding vereis. Dinge kan dalk nie
dadelik gestuur word totdat sodanige verbinding beskikbaar is nie. Volg die skeidingsafstand-
aanwysings totdat die toestel klaar gestuur het.
Tydens algemene gebruik is die SAR-waardes gewoonlik ver onder die waardes wat
hier bo genoem word. Dit is omdat die gebruikskrag van jou selfoon ter wille van
stelseldoeltreffendheid en om steuring op die netwerk te minimaliseer, outomaties verminder
word wanneer volle krag nie vir die oproep nodig is nie. Hoe laer die kraguitset, hoe laer is die
SAR-waarde.
Toestelmodelle kan dalk verskillende weergawes hê en kan dalk meer as een waarde hê.
Komponent- en ontwerpveranderinge kan dalk mettertyd voorkom, en sekere veranderings kan
dalk die SAR-waardes affekteer.
Vir meer inligting, gaan na www.sar-tick.com. Let op dat mobiele toestelle dalk data kan oordra
selfs al maak jy nie ’n stemoproep nie.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) dui huidige wetenskaplike kennis nie daarop
dat spesiale voorsorgmaatreëls tydens die gebruik van mobiele toestelle geneem hoef word
nie. Indien jy graag jou blootstelling wil verminder, beveel hulle aan dat jy jou gebruik beperk,
of ’n handevry-stel gebruik om die toestel ver van jou lyf en kop te hou. Vir meer inligting oor,
en verduidelikings van en besprekings oor RF-blootstelling, besoek die WGO se webwerf by
www.who.int/peh-emf/en.
MEER OOR DIGITALE REGTEBESTUUR
Wanneer jy hierdie toestel gebruik, gehoorsaam alle wette en plaaslike gebruike, privaatheid-
en wettige regte van ander mense, insluitend kopiereg. Kopieregbeskerming kan dalk verhoed
dat jy foto’s, musiek en ander inhoud kopieer, wysig of oordra.
KOPIEREG EN ANDER KENNISGEWINGS
Kopiereg en ander kennisgewings
Die beskikbaarheid van produkte, funksies, programme en dienste kan wissel volgens
streek. Vir meer inligting, kontak jou handelaar of jou diensverskaffer. Hierdie toestel kan
kommoditeite, tegnologie of sagteware bevat wat onderworpe is aan uitvoerwette en -
regulasies van die VSA en ander lande. Afwyking wat strydig is met die wet is verbode.
Die inhoud van hierdie dokument word ”soos dit is” voorsien. Geen waarborge van enige
aard, hetsy uitdruklik of geïmpliseer, waaronder onder andere die geïmpliseerde waarborge
van verkoopbaarheid en doelmatigheid vir ’n spesifieke doel, word oor die akkuraatheid,
betroubaarheid of inhoud van hierdie dokument gelewer nie, behalwe soos deur toepaslike
wetgewing vereis. HMD Global behou hom die reg voor om hierdie dokument te hersien of dit
te enige tyd sonder vooraf kennisgewing in te trek.
HMD Global of enige van sy lisensienemers sal, tot die maksimum mate wat toepaslike
wetgewing toelaat, onder geen omstandighede aanspreeklik wees vir enige verlies van data
© 2019 HMD Global Oy. Alle regte voorbehou. 52