Nokia 5.3 Gebruikergids
Die inhoud van hierdie dokument word ”soos dit is” voorsien. Geen waarborge van enige
aard, hetsy uitdruklik of geïmpliseer, waaronder onder andere die geïmpliseerde waarborge
van verkoopbaarheid en doelmatigheid vir ’n spesifieke doel, word oor die akkuraatheid,
betroubaarheid of inhoud van hierdie dokument gelewer nie, behalwe soos deur toepaslike
wetgewing vereis. HMD Global behou hom die reg voor om hierdie dokument te hersien of dit
te enige tyd sonder vooraf kennisgewing in te trek.
HMD Global of enige van sy lisensienemers sal, tot die maksimum mate wat toepaslike
wetgewing toelaat, onder geen omstandighede aanspreeklik wees vir enige verlies van data
of inkomste of enige spesiale, toevallige, gevolglike of indirekte skade nie, ongeag hoe dit
veroorsaak is nie.
Reproduksie, oordrag of verspreiding van ’n deel van of die hele inhoud van hierdie dokument
in enige vorm sonder vooraf skriftelike toestemming van HMD Global is verbode. HMD
Global het ’n beleid van deurlopende ontwikkeling. HMD Global behou hom die reg voor om
veranderinge en verbeteringe aan enige van die produkte wat in hierdie dokument beskryf
word, aan te bring, sonder vooraf kennisgewing.
HMD Global maak geen voorstellings, bied geen waarborg of aanvaar geen verantwoordelikheid
vir die funksionaliteit, inhoud of eindgebruikersteundiens van derdeparty-programme wat
saam met jou toestel voorsien word nie. As jy enige program gebruik, erken jy dat jy die
program ”soos dit is” voorsien word.
Om kaarte, speletjies, musiek en video’s af te laai, en om prente en video’s op te laai, kan dalk
groot hoeveelhede data verbruik. Jy sal dalk vir jou diensverskaffer vir dataoordrag moet
betaal. Die beskikbaarheid van spesifieke produkte, dienste en kenmerke kan dalk volgens
streek wissel. Kontroleer by jou plaaslike handelaar vir meer inligting en om uit te vind of
sekere tale beskikbaar is.
Sekere funksies, werking en produkspesifikasies kan dalk afhang van die netwerk en
onderhewig wees aan bykomende bepalings, voorwaardes en heffings.
Alle spesifikasies, funksies en ander produkinligting wat verskaf is, is onderhewig aan
verandering sonder kennisgewing.
HMD Global se privaatheidsbeleid wat by http://www.nokia.com/phones/privacy beskikbaar is,
is op jou gebruik van die toestel van toepassing.
HMD Global Oy is die eksklusiewe lisensiehouer van die Nokia-handelsmerk vir fone en tablette.
Nokia is ’n geregistreerde handelsmerk van Nokia Corporation.
Android, Google en ander verwante merke en logo’s is handelsmerke van Google LLC.
Die Bluetooth-woordmerk en -logo’s word deur Bluetooth SIG, Inc. besit, en enige gebruik van
sulke merke deur HMD Global, is gelisensieer.
Qualcomm is ’n handelsmerk van Qualcomm Incorporated, wat in die VSA en ander lande
geregistreer is, gebruik met toestemming. aptX is ’n handelsmerk van Qualcomm Technologies
International Ltd., wat in die VSA en ander lande geregistreer is, gebruik met toestemming.
Qualcomm Mobile Platform is ’n produk van Qualcomm Technologies, Inc. en/of hul
filiaalmaatskappye.
© 2020 HMD Global Oy. Alle regte voorbehou. 52